Tuesday, July 22, 2008

ophou rook storie met oprah...

Oh oh oprah...

Ek het heel onskuldig vrydag middag op my ingelyfte bank gesit en van kanaal tot kanaal verander toe oprah op haar ultra moderne maar stylvolle rusbank haar verskyning maak.
Oprah was uitgevat in haar ek-is-nie-besig-om-vir-jou-voorteskryf-wat-om-te-doen-nie-maar-kyk-na-my-perfekte-hare-en-makeup-duidelik-weet-ek-meer-as-jy” wit bloesie, vleiende wye pyp broek en ongemaklike skoene. Haar hare skitter in die ateljee se ligte en raam haar gesig asof sy nou net uit die salon gesweef het.
Oprah loop nie. Sy sweef. Soos alle magiese weesens.
Ek kyk vir ‘n oomblik af na my mees betroubaarste jeans en pantoffels.
Hmm dink ek.
Sou ook so lyk as ek ‘n span personal shoppers gehad het, en voel voel aan my pap kapsel.
“My studio guest” se Oprah sonder om tyd te mors. “Is docter Brian Oz. Researcher and writer of the new book Breathing free, which looks at why it is important to stop smoking TODAY!!!!.” Oprah slaan haar manicured hande saam en die gehoor volg haar voorbeeld.
Natuurlik, dink ek. Natuurlik het hy ‘n boek geskryf.
Dokter Brian Oz lyk heeltemal te selfversekerd vir ‘n man met die naam van ‘n kindersprokie karakter, sy hare is netjies teen sy voorkop vasgeplak, nie ‘n teken van gevoel spoel oors sy plooilose gesig nie.
Oprah en Dokter Oz het erens ‘n graf beroof. Naamlose gesiglose pioene karwy groot silver bakke voor na die verhoog. Oprah en Dokter Oz onthul die organe asof hul ‘n ete voorsit in ‘n vyfster kannibaal restaurant.
Al die kanibaal se disse word twee twee vir die gehoor gewys.
Pienkerige bruin longe (die gesondes?Tog, hoe gesond kan hulle wees as hul buite die eienaar se liggaam is?) En wit sponserige longe wat lyk of ‘n swerm motte hule dik gevreet het daaraan.
Lewers, niere en harte wat nou nog klein pluimpies rook afgee.
Met elke nuwe paar organe styg my vrees vlak.
Ek wil nie swart kolle en verdikkings in my harts are he nie. Ek wil nie kort en oppervlakkig asemhaal en my liggaam stadig laat versmoor nie.
Ja DIT IS duur en vuil en stink!
My kinders gaan eendag hiper aktief wees en ek sal nie genoeg asem kan haal om hul te beheer of by die sportsvelde op en af te kan hardloop nie!!
En net toe ek en die minwetende gehoor dink sy het ons klaar oorreed oortref Oprah haarself en volg dit op met onderhoudende met huisvrouens wat net nie die vuil gewoonte kan stop nie.
Candy van Kansas weet sy is besig om haar gesin se gesondheid onhebbelike skade te berokken maar haar Marlboro lights is net te lekker.
Lindey van Long Island het minute nadat sy gekraam het plannietjies gemaak om te gaan skelm rook.
Rose van Texas se ses jarige dogtertjie kla die heeltyd dat mamma se hare stink.
Oprah knik haar kop aandagtig en vee af aan ‘n traan.
Sy verstaan die innerlike stryd wat hierdie mense deurgaan.
(Al glo ek nie vir ‘n sekonde dat Oprah al ooit gaan skelm rook het agter die skool se skietbaan nie.)
Maar Oprah sou nie Oprah wees as sy nie ‘n fool proof strategie gehad het wat vir elke een van ons kan werk nie.
Ek hardloop vir my handsak en krap my rooi Garden en Home mini journal uit.
Pen. Pen!! PEN!!!!
Oprah weet seker ek kry nie ‘n pen in die nagmerrie van ‘n handsak nie. Want met kalmte wat net ‘n persoon het wat nooit aan rookverbonde kankers sal sterf nie kyk sy in die kamera en reguit in my sitkamer in. “Well be right back after the break. Thank you doctor Oz.” En sy glimlag vir die manlike genie en gehoor. “Wonderful book right!” en haar oe rek groot om haar punt te maak.
In my beste krap handskrif skryf ek Oprah se raad neer asof dit die evangelie self is.
Ek KAN dit doen!
Ek en Oprah gaan ophou rook, en lekker ruik, en diep asem haal. Ek sal nuwe lewenslus he. Berge kan plat loop met my groot pienk gesonde longe...
en ek gaan my naals laat manicure net soos Oprah sin.

No comments:

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees