Monday, December 10, 2007

bokse gepak: 7

Ons trek die naweek.

Werk aan die huis het begin. (en sal eers klaar wees teen Junie)
Al wat oor is om te doen:
  1. Maak seker nuwe huurders teken kontrak by Jimmy
  2. Pak kombuisgoed in bokse
  3. Pak klere in bokse
  4. Hoop dat als nie stukkend raak in trek nie
  5. Maak woonstel van bo tot onder skoon
  6. Gee kersgeskenkies vir Nienabers
  7. Wrap alle ander geskenkies en sit in mandjie sodat dit nie stukkend raak met trek nie.

Gaan miskien moeilik wees om saam Amelia en Roelof en kinders te bly maar werk aan strategie. Hier is stappe om volgende 6maande pynloos vir almal te maak sodat ek goeie verhouding met self en potentiele skoonfamilie kan hanthaaf:

  1. Maak vrede met idee dat ons nie onmiddelik kan intrek nie
  2. Dissiplineer self om elke oggend sewe uur op te staan en met honde te gaan stap. Sal self dan tyd gee om te reflect en stilte in te neem voor dag begin.
  3. Gaan elke oggend beker tee drink op stoep en luister na oggend geluide terwyl ek deur die koerant blaai en baie intellectual lyk.
  4. Sal nie soos plakker lewe nie maar konstant bydrae tot huishouding. Nie net finansieel nie maar sal ook help met kinders, kosmaak en skoonmaak (as ek rerig moet)
  5. Sal probeer om myself nie te verloor in rook walm nie maar gaan minder rook.
  6. Sal nie elke aand voor tv le en in zombie verander nie maar gaan mik om 'n boek 'n week te lees.
  7. Sal poging maak om Heila meer gereeld te sien. Iemand moet hoor hoe kak Hannes is anders gaan sy snap en hom aanrand met 'n pan.
  8. Sal een keer per week wayne vorseer om alleen tyd met my te spandeer.
  9. Sal nie deppressed raak nie! (al moet ek ma se happy pills drink)
  10. Sal nie spontane uitbarstings kry nie. Al dink ek dit is moontlik om emosies soos woede in te neem soos osmosis gaan ek nie skreeu nie en poging aanwend om minder te vloek
  11. Ons gaan meer tyd met my familie spandeer
  12. Gaan leer oor plante en tuin self uitle. Gaan rugraat groei onthou? (Kan tuinmaak terwyl hulle huis maak!)
  13. Gaan kantoor werk voor einde Januarie onder die knieg kry. Roelof gaan nie spuit wees dat hy my op sy personeel lys gevoeg het nie - al is ek nogsteeds nie oortuig dat dit nie werkskepping was nie.
  14. Gaan orde skep in my persoonlike chaos!
  15. Gaan hard werk om alle skuld af te betaal voor Junie.

Baie opgewonde oor nuwe begin.
Sien net positiewe goed in ons toekoms.
Gaan Martha Stewardt tipe word wat huis, werk en familie balanseer met vars gebakte skons in hand en koerant onder arm.

24 weke voor ek intrek.

hier gaan ons.....

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees