Monday, January 4, 2010

totsiens..


ek eindig die blog en die dekade..

ek het so baie geleer


totsiens aan my ou self, en my baggage en geraamtes..

ek los julle almal in 2009..


dalk sal ek kom kuier ...

Thursday, March 26, 2009

haal diep asem en blaas al die sade af.. as jy dit reg kry kan jy 'n wens maak.

  • heel middag slaap in sonnietjie
  • op 'n klip sit en 'n karoo sonsondergaan dophou
  • nuwe boek om te lees
  • groot oop blou van die vrystaat bo my kop en grasvelde wat uitstrek van onder my
  • kuier saam mense waarna ek verlang
  • meer woorde
  • stormstilte
  • 'n groen trui

Maritza kyk na haarself en besef dat sy weereens nie weet wat sy rerig wil he nie..

hierdie herhalende vassteek plaat moet nou stop gesit word.

wish i could get a magician to make me disssapear but i have this recurring thought that ill get stuck in one of those boxes where he saw's your body in half...


and end up running around like a headless chicken.


Thursday, March 12, 2009

partykeer kyk jy terug en kan nie sien waar jy begin het nie..


ek kannie onthou hoe, of waar ek die besluit geneem het nie.
ek weet net dit was die regte besluit om te neem...
en toe ek twyfelend trug gaan het die noodlot ingegryp.

en my hart het gebreek.

dit was toe al die tyd nie net 'n se ding nie..

jou hart kan rerig breek.

stukkende skerwe met skerp punte wat sny en bloei.

en Xander was daar om die stukkies te help optel en vasmaak
hy het my woorde gaan soek waar ek dit weg gesteek het
en met waterlelies en draad my weer aan mekaar gesit..

en ons het ons drome met mekaar gedeel
en ek het in sy warmte aan die slaap geraak..veilig..

dit was so maklik om vir hom lief te raak.

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees