Monday, October 29, 2007

zzZz... zZz...



ek wil net slaap.

opkrul in 'n klein bonneltjie in die middel van die bed en daar bly le tot ek uitgerus is...

miskien met 'n klein klokkie om te lui wanneer ek 'n nuwe boek, koffie, kos of iemand nodig het wat die volgende dvd kan opsit..

ek wil niemand sien nie, ek wil nie weet of die honde erens vuil gemaak het of nog 'n paar skoene verwoes het nie, ek wil nie eers my foon antwoord as dit ly nie...

maar ek moet nog soveel doen vandag:

  1. als in kamer uitdra sodat ek die mat kan was.
  2. plek soek vir rekenaar om te staan en die ding weer aanmekaar sit.
  3. skottelgoed wegpak.
  4. wasgoed doen.
  5. met die honde gaan stap.
  6. groceries gaan koop.
  7. vloere mop.
  8. stoof ordentlik skoonmaak.
  9. kas regpak/klere rondskuif sodat ek iets kan kry om te dra vir werk more.
  10. ou bel oor kar.

ek wil die vroulike weergawe wees van rip van winkel. - minus die baard.

maar sal my huishoudelike duties maar moet doen.

dalk kan ek dagdroom oor nuwe werk moontlikhede en wyn drink terwyl ek soos aspoestertjie als skoonmaak?

No comments:

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees