Tuesday, October 23, 2007

why i heart sa...


  • Frankryk 2007 - ons het die wereld beker gewen soos ons in 1995 gedoen het en die hele land blou,groen, pers pienk almal met flaggies en springbok truie aan het geskreeu op die tv, en suid afrikaners het weer onthou hoe dit voel om trots te wees op jou land en die hele wereld te wys hoekom ons nog nie weggekwyn het in diep donker afrika nie. En toe die bokke president mbeki (met hoogtevrees en al) op hul skouers getel het om die beker bo hulle koppe vas te hou het meeste van ons oor politiek vergeet vir 'n rukkie, 'n castle in die lug gewaai en gesing "ons vir jou suid afrika

  • Beautiful places - ons het seker die mooiste land met berge, bosveld, see, riviere, damme en vleie. Drakensberge, Kruger park, Table mountain, Highlands in Natal, Tuinroete, Namaqualand, whale watching in Hermanus, die Weskus, Tsitsikama en Knysna woude, Augrabiese waterfalle, die Karoo, Kalahari, Kimberley se gat, Clarens, Basoto, Golden Gate, Hartbeespoortdam, Magaliesburg, Makapansgat, Dullstroom, St Lucia.... daar is soveel mooi plekke hoe kan mens nie suid afrika love nie?







  • beautiful people - ons is gasvry, friendelik en unieke afrikaners! Ek het laasweek verby 'n bakkie gery met twee werkers agterop, gegroet en hulle het terug gegroet. Straatsmouse oefen hul colgate smiles elke oggend in die traffic.

  • ons taal - elf official tale en almal klink deel van die plek. Selfs die nuwe insmeltings soos afri-engels en engel-sotho klink eg.

  • culture -ons kan nog so baie by mekaar leer.

  • Nelson Mandela - nie net die buitelanders is madiba mal nie maar alle suid afrikaners ook.
    Hy is 'n ambassadeur en vredemaker en hy het ook respek van talle wit en swart afrikaners vir die rol wat hy is ons geskiedenis gespeel het.
    Almal het 'n sagte plekkie vir hom.



  • Soccer 2010 - Ja almal kry 'n kramp as hulle oor die gau-train hoor en baie is skepties of dit actually gaan gebeur, maar ons is amper daar en in 2010 gaan sa rock! As die stadiums klaar kom en die buitelanders nie afgeskrik word deur stakings en crime rate nie.

  • our history - van die voortrekker monument af kan jy freedom park sien, in Sammy Marks se huis hang die photos van die engelse generale langs die van die boere kommando leiers. Ons stem dalk nie saam oor ons geskiedenis nie en baie probeer die verlede uitvee en oorskryf ander gebruik die verlede weer as 'n verskoning vir ander goed. Tog is dit belangrik om te erken dat ons almal 'n deel gehad het in die manier waarop ons land vandag uitgedraai het. Die swartes het teen die voortrekkers baklei, die engelse teen die afrikaners en swartes, ons het almal op een of ander stadium in ons geskiedenis bymekaar gestaan. Ons moet miskien net nugter kyk na ons situasie en sien dat plaas van teen kleur en kultuur baklei moet ons klas diskriminasie en swak bestuur en bedrog in ons regering beveg.

  • eg suidafrikaanse goed - soos biltong, braaivleis, pap, boerewors, melktert, chakalaka, bunny-chows, proteas, nastergaal konfyt, rooibos tee, beskuit.

Kyk niemand se dis 'n perfekte prentjie nie, maar vra hulle oor immigrasie?

Ek sal SA nie verruil vir ponde of euros nie!
Ek sit eeder met die crime as wat ek in 'n ander land ver weg van my kultuur, vriende en familie is. As enige iets anders is ons suid afrikaners aanpasbaar!!!

No comments:

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees