Friday, October 19, 2007

selfbejammering...

voel verskriklik jammer vir myself
en is nie seker hoekom nie
dink dit is kombinasie van volgende...

1. bewolkde weer wat nou vir 2 weke aanhou.
2. dooie blomme in slaapkamer - dink as ek na feng shui konsep kyk sal ek sien dat dit dalk contributing factor is in persoonlike verhouding gemors wat verteenwoordig word deur slaapkamer... is verhouding ook besig om te vrek?
3.bankbalans
4. teleurstelling van opgewonde raak oor groot skuif en dan gese word dit gaan nie gebeur nie - onthou om lysie van dinge om te doen in mpumalanga en abseiling gear om te kry lysie weg te gooi..
5. besef dat drie dae van skoon huis nie re-occuring ding gaan wees nie en maak nie saak hoeveel doggy treats ek gee nie, die honde gaan steeds skyt en piepie op vloer sodra ek nie in kamer is nie.
6. wayne se stories oor kort portugese girl wat hy terg en rond jaag op site, terwyl hy elke aand misluk en kwaad by die huis aankom. Ek sal ook giggel as hy my terg.(sy hele stemtoon as hy oor haar praat irriteer my en ook lag in sy stem - (ja ek is 'n f*cked up jaloerse bitch)
7. ek voel al heel week siek en niemand by die werk gee genoeg om om my net huis toe te stuur nie al het ek donker kringe om my oe van heelaand rondrol en my longe uit hoes.
8. dis vrydag aand en ek moet deur ry warmbad toe met mislukke wayne en stoute honde om te gaan luister na dirkie se boere orkes band terwyl ek net in 'n koekon wil kruip en hiberneer tot ek beter voel of my oe nie meer spontaan begin traan en my hart ophou om in my keel op te kruip.
9. ek kan nie slaap nie
10. ek dink ek is besig om emotionally te crack!!!!!
11. wayne gaan my nooit vra om te trou nie, want hy wag vir als om perfect te wees en dit sal nooit gebeur nie want ek kan nie die honde house train nie en ons woonstel lyk nie soos karla en johan sin nie.
12. ons woonstel lyk nie soos karla en johan sin nie.- al wil ek nie he dit moet nie!!
13. ek besef dat wayne se job baie stressvol en uitputtend is en al gee ek nie om om elke aand te hoor hoe kak sy dag was en hoe kwaad hulle hom gemaak het nie dink ek dat aangesien hy elke aand misluk gaan wees hy ten minste 'n effort moet maak om nogsteeds vriendelik met my te wees.
14. ek kan nie sniper games en need for speed speel nie wat ek apparently moet kan doen as ek enige aandag/liefde in die aande wil he.
15. als wat ek maak om te eet proe soos seep.
16. ek gaan kinders oppas vir die res van my lewe en niemand gaan my ooit ernstig opneem as ek nie 'n loopbaan het nie.
17. eintlik voel ek maar net kak.


No comments:

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees