Monday, November 12, 2007

Swaartekrag...



Jou stem het my op my tone gehou
terwyl ek versigtig voet voet op die dam muur loop
en dan voete hande land
op die stowwerige klip pad

Jou hande het my geleer
my fingers ‘n vurk
sous en vet wat oor my ken loop
by my nek afdrip

Jy was my gunsteling speletjie
my koppie stoof tee
sonder komberse het jy by my gebly
tot die son uit die grond op stoot



ek het jou naam geskryf in die sand...
en gekyk hoe jy kind word.


Al was ek verkeerd het jy vir my geskreeu
jou rug gehol vir my wegkruipplek
vas aan jou stukkende voorskoot
met sy verdofte blommietjies rand

Ek volg jou voetspore na die beesmus muurtjie
luister na jou tong se geluide
en loop tussen die rysmiere trug
na my huis wat nou iemand anders sin is

Ek wou vir jou ‘n gasstoof koop
‘n eveready vir die draadloos wat in jou venster praat
tussen lemoen dop kerse en groen seep reuk
maak jou oe my groot

vir jou sal ek al die jakkals bessies ruil


maar Soufie...


die tsotsi’s het jou kom steel.

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees