goeie idee vir nuwe kombuis:
het gistraand gedroom van nuwe huis in warmbad.
groot vensters met baie lug wat instroom.
warm kombuis en kruie wat buite groei in tuin.
spaar kamer vir vriende wat oorslaap is wit en still en 'n groot orgidee staan
in die hoek op 'n kassie.
buite is 'n groot koelte boom met 'n tafel groot genoeg vir 10 mense
waar ons in die aande rustig sit en kuier oor glasies wyn.
'n hammok waai stadig in die wind, ek sit daar en boek lees met 'n groot glas lemoen stroop wat teen my bene le-staan.
Tuesday, November 6, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
iets wat ek nooit sal erken nie:
party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08
dinge wat my gellukig maak...
- stap tot dit stil word om my
- glasie wyn en goeie kos
- organiseer en skedules maak
- oplees en research doen oor random goed
- om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
- skryf
- iets doen wat al my konsentrasie vat
- in sonnietjie le en slaap
- kos maak
- ver ry
- op bank le met goeie boek
- by die huis wees
No comments:
Post a Comment