Thursday, March 12, 2009

partykeer kyk jy terug en kan nie sien waar jy begin het nie..


ek kannie onthou hoe, of waar ek die besluit geneem het nie.
ek weet net dit was die regte besluit om te neem...
en toe ek twyfelend trug gaan het die noodlot ingegryp.

en my hart het gebreek.

dit was toe al die tyd nie net 'n se ding nie..

jou hart kan rerig breek.

stukkende skerwe met skerp punte wat sny en bloei.

en Xander was daar om die stukkies te help optel en vasmaak
hy het my woorde gaan soek waar ek dit weg gesteek het
en met waterlelies en draad my weer aan mekaar gesit..

en ons het ons drome met mekaar gedeel
en ek het in sy warmte aan die slaap geraak..veilig..

dit was so maklik om vir hom lief te raak.

1 comment:

Jacqueline said...

Haai!

Hoegaan dit? Ek kom van SA af, maar ek bly nou in die VSA. Ek is 'n student maar ook 'n sanger en ek skryf ook liedjies.

Ek het 'n bietjie van jou blog vandag gelees. Jy skryf so mooi! Stel jy belang om miskien saam met my te werk (deur e-pos te skryf) en 'n paar Afrikaanse leidjies te doen?

I hope to hear from you soon! :) If you want to hear some of my songs I can send you a link to some of my songs.

Cheers,

Jacqueline

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees