Wednesday, October 10, 2007

failed feminist?



ek begin skuldig voel omdat ek nie omgee om in die kombuis vasgemaak te word nie.
ek dag droom oor die kos wat ek wil maak.
ek verbeel myself ek is Nigella - al werk my stoof nie.

ek browse sites op home decor en koop kruie plantjies vir die kombuis.

een helfte van my gewete kla aanhoudend oor "woman's lib" "vrou kan ook loopbaan he"
in tydskrifte lees ek oor vrouens wat suksesvol hul high profile jobs, sewe kinders en kookwerk balanseer
en natuurlik ook tyd kry om gym toe te gaan.

daar is 'n hele konferensie saal vol vrouens wat veg vir "equality in the work place" terwyl ek besluit of
klein aartappeltjies in olyfolie, knoffel en thyme gaan werk met tikka chicken.

het ek dalk net nie ambisie nie?

die meisie oorkant my tafel sit by haar rekenaar en koer oor haar maand oue baba se foto op har selfoon.
sy was skaars twee weke by die huis voordat sy borspomp en al trug was op haar trappie van die leer
sy multitask soos 'n pro en eet terwyl sy borsvoed in haar lunch uur.

en ek was 'n activist gewees.
het KFC en McDonalds geboycott oor soya in die reenwoude.
'n pop van 'n jagter opgehang in 'n boom om teen tarentaaljag te protesteer.

en nou...

nou is ek bereid om my werk op te gee om belfast toe te trek vir 3 jaar omdat sy werk hom daar nodig het .

ek het vergeet om te se "ek moet dink hier oor"
"wat van my loopbaan?"

ek het net my arms om hom gesit en gese "jy weet ek sal saam jou gaan"
en nie eers kwaad geraak toe hy grapperig gese het "jy het nie 'n keuse nie -jy weet ek het jou nodig!"

beteken dit ek is 'n failed feminis of net rerig lief vir hom?

No comments:

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees