...en dit het niks te doen met die bou styl nie.
Ek is vanaand ‘n italiaanse vrou in ‘n vloeiende romp, my volronde borste le sag teen my katoen bloes wat heeltyd speels oor my skouer hang. Ek hou my romp vas in my een hand terwyl ek myself teen die rand van ‘n groot hout houer vol pers rooi druiwe stut.
My lang bene is bruingebrand, taai en rooi gevlek en die druiwe korrels plop en bars onder my voete...My hare is hoog op my kop vas gemaak maar die donker lokke val steeds oor my oe en maak hul self tuis in my nek.
Kinders hardloop op die handgekapte klip straaitjie agter my verby en die ou man wat om ‘n maak staan tafeltjie sit en kaart speel kyk op om te lag, die son in sy oe, stories in die kontoere van sy hande.
Maar dis nou nie heeltemal waar nie.
Ek trap wasgoed in die bad, daars geen roemanse hier nie. Net die hond wat beskuldigend na my sit en kyk.
Behalwe vir die klank van water en vuil wasgoed is daar ‘n abstrakte geswets van die kombuis se kant af, als gerig op die wasmasjien. Dis veiliger hier in die bad as daar in die kombuis met die donderwolk wat oor my ander helfte hang.
Mens maak maar vrede met dinge wat oppak. Die lewensverwagting van enige kombuistoestel is gewaarborg om tot ‘n einde te kom saam met die 2 week,2maand, 2 jaar geld-terug-waarborg waarmee dit gekom het.
Die kombuis is skielik stil...“Liefie?” toets ek die waters..“Ja wat is dit?” bewolk, bewolk, bewolk.“Eks lief vir jou”
In jong verhoudings is jy vas oortuig dat daai woorde als sal regmaak. Selfs die wasmasjien.
Die pyn in my kuite is besig om onrealistiese verwagtinge by my te skep.Ek gaan uit die bad klim met langafstand atleet bene, of soos daai meisies wat in sykous advertensies verskyn.Ek is besig om meer kaloriee te verbrand as wat ek in geneem het vandag.Ek gaan skoon wasgoed he voor more aand se belangrike ete saam met manlief se baas.
Maar dinge raak net erger. Daar is vuil water in die spens en die hele kombuis vloer is onder vloed.Ek probeer om die silver randjie te sien, maar ek staar te hard vas in die nat hond en waterige voetspore wat die kombuis en die res van die huis deurkruis.
Ek probeer my weer verbeel ek is in Toskanie of Rome en die natheid om my voete is die koel waters van die Trevi fontein. Ek is die jong vrou in La dolce vita.Maar sonder enige van die nodige grasie en plaas daarvan dat ek deur die water sweef en verlydelik lyk verander my lang bruingebrande italiaanse bene in die meer praktiese soort wat sukkel om te balanseer op stilettos. En my volronde agterstewe beland saam met die res van die wasgoed en mop op die nat vloer.
Dit breek darem die donderwolk en nie my stuikie nie.Maar voor ek kan begin lek aan my wonde en gekneusde ego woerrrrrrrrrrrrrr die wasmasjien en kraai die man in my lewe met die ekstase wat oorwinning van man oor masjien alleenlik kan bring.
Ek hoor sommer die kerk klokke lui in my toskaanse dorpie met sy klipmiere en rooi wyn.

No comments:
Post a Comment