
Jou stem het my op my tone gehou
terwyl ek versigtig voet voet op die dam muur loop
en dan voete hande land
op die stowwerige klip pad
Jou hande het my geleer
my fingers ‘n vurk
sous en vet wat oor my ken loop
by my nek afdrip
Jy was my gunsteling speletjie
my koppie stoof tee
sonder komberse het jy by my gebly
tot die son uit die grond op stoot
ek het jou naam geskryf in die sand...
en gekyk hoe jy kind word.
Al was ek verkeerd het jy vir my geskreeu
jou rug gehol vir my wegkruipplek
vas aan jou stukkende voorskoot
met sy verdofte blommietjies rand
Ek volg jou voetspore na die beesmus muurtjie
luister na jou tong se geluide
en loop tussen die rysmiere trug
na my huis wat nou iemand anders sin is
Ek wou vir jou ‘n gasstoof koop
‘n eveready vir die draadloos wat in jou venster praat
tussen lemoen dop kerse en groen seep reuk
maak jou oe my groot
vir jou sal ek al die jakkals bessies ruil
maar Soufie...
die tsotsi’s het jou kom steel.