
ek was nog altyd oortuig daarvan dat ek nie slegte gewoontes het nie...
behalwe vir rook (maar dis een van die dae heeltemal uit my systeem - deel van my dinge om die lente te doen lysie)
Ek kou nie my naels nie!
Vloek slegs wanneer die ergste gebeur en ook nooit uit konteks nie.
Tata ma chance nie eers met scratch kaartjies nie.
Ek sien myself as goed gebalanseerd - tot vanoggend.
Toe blond by tafel oorkant my aanmerk dat ek te veel koffie drink.
In skok verstik ek aan my warm koffie en gaan sit voor my rekenaar
en wonder...
Hoe veel is te veel? hoekom hou sy telling? Het ek ander "slegte gewoontes"?
Na ure se self ondersoek besluit ek om die volgende slegte gewoontes my slegte gewoontes te noem:
*Ek maak lysies vir alles. -Mense wat by my begrafnis moet wees, mense om te vermy, ek het lysies vir elke moontlike senario en oor elke moontlike onderwerp.
*Okay miskien drink ek te veel koffie - 7 bekers te veel?
*Koop die heeltyd kussings vir die bank wat nie in pas by kleur skema nie - al gaan dit friksie veroorsaak by ander helfte en bankbestuurder my dalk laat bel.
*Kyk aanhoudend na furniture catalogues - al kan ek niks bekostig nie!
*Skip die heeltyd channels en kyk vier programme op selfde tyd
*Sal le in bed tot daar 'n natural disaster gebeur wat my direk affekteer of ek amper om kom van honger/dors voordat ek opstaan
*Koop huisplante net om hulle stadig te vermoor en uiteindelik in asblik te gooi terwyl ek oor my skouer kyk of bure sien dat ek nog 'n victim het.
*Ek stel dinge uit. Tot op die punt waar ek myself uit die moeilikheid moet praat/lieg of heeltemal vergeet van 'n ding.
*Ek se nooit nee nie, behalwe die kere waar ek eintlik moes ja gese het.
Ek kan heeldag aangaan...
Dalk sal ek koffie kwota verminder...
6 koppies 'n dag.
Al is dit net vir die cellulite se onthalwe.