Friday, July 25, 2008

goeie nuus...

weet dit is 'n klein begin.
maar almal begin klein.

my skryfwerk gaan in 'n hoerskool handboek vir afrikaanse tweede taal studente geplaas word!

YEAH!!!!

kan al sien hoe ek ge interview word op OPrah se couch!

Wednesday, July 23, 2008

Yeah budget movie night!!!

het nuwe Indiana Jones movie gaan kyk saam yolande en wayne gistraant.

Raiders of the Lost Ark
Temple of Doom
Last Crusade


en nou ... Kingdom of the Crystal Skull.
.

stopping to smell the roses

dink ek moet meer tyd maak vir "maritza wees"

gaan vroeer in oggend gaan gym en oppad trug koerant koop, dan kan ek sit by tafel in sonnietjie en koerant lees saam toast en tee op skinkbord...

dink ek moet probeer onthou wat my gellukig maak
en dalk handsak spring clean.
as jy nie tyd het vir self nie hoe kan jy tyd maak vir ander?

en ek gaan moet leer stryk...

Tuesday, July 22, 2008

maar ek's gellukig hier..

as ek heeltemal eerlik moet wees...

dit is 'n goeie ding dat ek so lanklaas geblog het.
want party dinge moet nie in skrif wees nie.

maar ek is gellukig hier!
dit het net 'n rukkie gevat.

verhoudinge is getoets tot op breekpunt
en party het gebreek
en ander is sterker of meer realisties en eerlik..

dinge wat maritza mal gemaak het:
skoonfamilie - al is ek lief vir hulle wil ek NOOIT weer saam hulle bly nie
plumbers and the lack there of
petrol prys en my kar brieke
bouers en sement op hout kasdeure
6 jarige seuntjies met hul peanut botter broodjies
winnie the pooh en sy trawante
veeartse met gods-komplekse
skinnerstories en veldbrande
my rugraat soos 'n visgraat
holland, vasco de gama en bartlomeas deas

dinge wat maritza laat rondloop het met permanente smile op gesig:
die ring op my linkerhand en die ou wat dit daar gesit het
sagte woorde wanneer jy dit nie verwag nie
goeie vriendinne
my rooi "holiday in spain" haarkleur
die vrystaat - sommer meer as wat een asem kan se
styf le in oggende vir net nog 'n paar minute
groen
warm arms wat toevou soos komberse
my pa se skouer
draad buffels
hospitale wat werk
onthou trane
spasie

onverwags:
ek het 'n gym gejoin - is nou gymbunny - behalwe as vergeet om te gaan, wat elke ander maand is...
mina se groot eina
hoe goed ek kan lieg vir speedcops
het opgehou rook (nou net skelm) (baie skelm - maar net een in donkermaan)
wil rerig nie kinders he nie
ek is 'n emotionele skilpad
ek sukkel rerig om oor teleurstellings te kom - sal nou vir altyd twyfel (al wens ek dit was nie so nie)
is bietjie van 'n klikkiebek - maar was vir daai kinders se eie veiligheid!
ek kan raad gee maar nie volg nie...
ek is 'n menslike-verkleurmannietjie

dinge wat my bang gemaak het:
xenophobia aanvalle
mina se eina
pa wat situasies vir my wil hanteer
oproepe wat eindig met “ons moet praat”
hoe oorreedbaar mense kan wees


baie foute gemaak in 8maande
maar groei steeds as mens so al my foute is verskoon..

al my stories het 'n begin maar nooit 'n einde nie...

untiltled.

Kom ons wees eerlik. Dit is jouself waaroor jy skryf. Jou lewe , jou gevoelens. Almal se eerste boek is ‘n autobiografie. So hou op tyd mors – ons weet wat hier aangaan.

***
Nina staar na die rekenaar skerm voor haar. Bo op is net een sin getik.
“Hoekom ek met jou trou…”
Hoe langer die swart strepie vir haar knipoog hoe meer begin sy wriemel.
Haar fingers vryf teen mekaar en haar hande maak vyste dan rek sy hulle uit soos gimnaste doen voor hulle na die beoordeelaar draai, glimlag en op ‘n stilstaande voorwerp af nael.
Dis agt maande voor die troue en ek kan skielik nie aan ‘n rede dink nie.
Nina se kop gaan le sonder bevel op die tafel en weier om weer op te lig.
Sy hoor die foon ly. Sy hoor die radio in die agtergrond musiek speel wat heeltemal on van pas is vir haar gemoedstoestand. Sy hoor ‘n klop aan die deur.
Nina se kop weier om van die tafel af op te lig.
Maar dit lyk net asof haar kop mosieloos daar le. Eintlik is daar wielietjies besig om te draai, eintlik is daar te veel wielietjies besig om te draai. Enige oomblik gaan daar ‘n serene af gaan in Nina se kop wat vir almal in gehoorsafstand sal se “hardloop vir die berge. Hier kom ‘n ramp.”

***

Nina sit eers trug en vee aan haar voorkop waar ‘n klomp krulle ontsnap het.
Dalk moet sy boek nina se kop maar laat ontplof van al die wielietjies wat te vinnig draai. Maas sy is nou eers halfpad deur haar boek en hoe gaan hy ooit klaar kom as die hoof karakter nou moet omkom aan ‘n ooraktiewe verbeelding.

Sy staan op en dra haar koffie beker na die kombuis.
Die kombuis sonder kas bladdens en lopende water en krag.
Sy grou in die spar sak vir die bottel water en maak die kamp ketel vol, sit dit op die gasstoof en draai die armpie versigtig.
Nina haal diep asem voor sy die vuurhoutjie aan die brand trek teen die boksie.

ophou rook storie met oprah...

Oh oh oprah...

Ek het heel onskuldig vrydag middag op my ingelyfte bank gesit en van kanaal tot kanaal verander toe oprah op haar ultra moderne maar stylvolle rusbank haar verskyning maak.
Oprah was uitgevat in haar ek-is-nie-besig-om-vir-jou-voorteskryf-wat-om-te-doen-nie-maar-kyk-na-my-perfekte-hare-en-makeup-duidelik-weet-ek-meer-as-jy” wit bloesie, vleiende wye pyp broek en ongemaklike skoene. Haar hare skitter in die ateljee se ligte en raam haar gesig asof sy nou net uit die salon gesweef het.
Oprah loop nie. Sy sweef. Soos alle magiese weesens.
Ek kyk vir ‘n oomblik af na my mees betroubaarste jeans en pantoffels.
Hmm dink ek.
Sou ook so lyk as ek ‘n span personal shoppers gehad het, en voel voel aan my pap kapsel.
“My studio guest” se Oprah sonder om tyd te mors. “Is docter Brian Oz. Researcher and writer of the new book Breathing free, which looks at why it is important to stop smoking TODAY!!!!.” Oprah slaan haar manicured hande saam en die gehoor volg haar voorbeeld.
Natuurlik, dink ek. Natuurlik het hy ‘n boek geskryf.
Dokter Brian Oz lyk heeltemal te selfversekerd vir ‘n man met die naam van ‘n kindersprokie karakter, sy hare is netjies teen sy voorkop vasgeplak, nie ‘n teken van gevoel spoel oors sy plooilose gesig nie.
Oprah en Dokter Oz het erens ‘n graf beroof. Naamlose gesiglose pioene karwy groot silver bakke voor na die verhoog. Oprah en Dokter Oz onthul die organe asof hul ‘n ete voorsit in ‘n vyfster kannibaal restaurant.
Al die kanibaal se disse word twee twee vir die gehoor gewys.
Pienkerige bruin longe (die gesondes?Tog, hoe gesond kan hulle wees as hul buite die eienaar se liggaam is?) En wit sponserige longe wat lyk of ‘n swerm motte hule dik gevreet het daaraan.
Lewers, niere en harte wat nou nog klein pluimpies rook afgee.
Met elke nuwe paar organe styg my vrees vlak.
Ek wil nie swart kolle en verdikkings in my harts are he nie. Ek wil nie kort en oppervlakkig asemhaal en my liggaam stadig laat versmoor nie.
Ja DIT IS duur en vuil en stink!
My kinders gaan eendag hiper aktief wees en ek sal nie genoeg asem kan haal om hul te beheer of by die sportsvelde op en af te kan hardloop nie!!
En net toe ek en die minwetende gehoor dink sy het ons klaar oorreed oortref Oprah haarself en volg dit op met onderhoudende met huisvrouens wat net nie die vuil gewoonte kan stop nie.
Candy van Kansas weet sy is besig om haar gesin se gesondheid onhebbelike skade te berokken maar haar Marlboro lights is net te lekker.
Lindey van Long Island het minute nadat sy gekraam het plannietjies gemaak om te gaan skelm rook.
Rose van Texas se ses jarige dogtertjie kla die heeltyd dat mamma se hare stink.
Oprah knik haar kop aandagtig en vee af aan ‘n traan.
Sy verstaan die innerlike stryd wat hierdie mense deurgaan.
(Al glo ek nie vir ‘n sekonde dat Oprah al ooit gaan skelm rook het agter die skool se skietbaan nie.)
Maar Oprah sou nie Oprah wees as sy nie ‘n fool proof strategie gehad het wat vir elke een van ons kan werk nie.
Ek hardloop vir my handsak en krap my rooi Garden en Home mini journal uit.
Pen. Pen!! PEN!!!!
Oprah weet seker ek kry nie ‘n pen in die nagmerrie van ‘n handsak nie. Want met kalmte wat net ‘n persoon het wat nooit aan rookverbonde kankers sal sterf nie kyk sy in die kamera en reguit in my sitkamer in. “Well be right back after the break. Thank you doctor Oz.” En sy glimlag vir die manlike genie en gehoor. “Wonderful book right!” en haar oe rek groot om haar punt te maak.
In my beste krap handskrif skryf ek Oprah se raad neer asof dit die evangelie self is.
Ek KAN dit doen!
Ek en Oprah gaan ophou rook, en lekker ruik, en diep asem haal. Ek sal nuwe lewenslus he. Berge kan plat loop met my groot pienk gesonde longe...
en ek gaan my naals laat manicure net soos Oprah sin.

nog 'n boek idee vir middeljarige huisvrouens wat maritza nie sal klaar skryf nie...

Lianie Malan waar is jou man?

Ek staan stil voor die kraak in die gang vloer.
Ek probeer my indink dit is die rand van ‘n afgrond waarvan jy die einde nie kan sien nie. Net donkerte. Ek balanseer op die rand van die afgrond met my tone wat klippies en grond na onder laat val in stilte.
Geen ploep geluid.

Dit is ‘n baie diep afgrond.

Maar dis net ‘n kraak in ‘n gang vloer in ‘n huis vol krake.
“As ‘n huis net mure was, was ons nou in die moeilikheid.” se ek vir die kraak in die gang vloer, en stap baie versigtig verby die geraamde photos van ou boere tannies met sewe kinders en kwaai oe.
Die huis is altyd stiller in die oggend. Asof dit nie wil wakker word nie.
Ek stap van kamer na kamer en maak vensters oop, trek die gordyne reg en maak lysies van dinge om te doen.

Steek wynbottels weg waar Maria dit nie gaan sien nie!
Kry nog wyn
Kry nog panado.
Kry inskroef gloeilampe
Hoekom bly gangkas se deur oop gaan? Spook?
Bel ghostbusters net in case
Kry iets by kooperasie om hoender te laat ophou kraai 5-uur in oggend.
Kry maand se voorraad Doom!!!

In die kombuis stoom die vensters al toe van die ketel wat op die stoofplaat tantrums gooi.
Waar om kofie te drink?
Kombuis van culinary sondes? Wildernes tuin? Stoep vol ma se versameling lendelam stoele?
Sy het hulle begin bymekaar maak vir… was dit nou haar “re-upholstery en fabric store” oopmaak stadium of haar “kom ons begin ‘n gastehuis” stadium?
Uhm…Badkamer.

Die badkamer is een groot raaisel. Dit was eens op ‘n stadium iets anders want ‘n gedeelte van die vloer is hout planke, by die deur is die teels see groen en agter by die wasbak is daar ‘n mosaic van blou.
Dit herrinder my aan die uil vrou in Graaf Reinette, wat elke hoekie en stukkie van haar huis in reenboog glas stukkies toe gemessel het.
Die pype raas.
Die warm water loop eers bruin dan skoon in. So jy moet die bad tweekeer uitspoel.
Die koue water loop nie rerig in nie. Dit drip sporadies.
Ek sit op die rant van die bad en wag vir die water om af te koel, drink my koffie en skop na my onderklere en net vir ‘n rukkie laat ek myself toe om aan alles te dink.
(Ek rantsoeneer my gedagtes oor hom. Want om in die verlede te dwaal kan hartverskeurende dagdrome veroorsaak.)

“Lianie Malan selfbejammering is so useless soos cellulite cream op ‘n by steek” hoor ek myself se. “En wegkruip is ook” piep ‘n ander stemmietjie. Die realistiese ek wat uit die funktionerende deel van my brein verban is.

So hoe het Lianie Malan tot hier gekom?In ‘n ou plaas huis met gekraakte vloere en muure en geroeste pype?


Tydlyn van rampspoedige gebeure wat Lianie Malan tot waansin gedruif het.

a.k.a : Klein kakkies wat die esel se rug gebreuk het:

· Percolator pak op wat beteken dat Lianie Malan sonder kaffien die wereld moet ingaan.
· Lianie Malan probeer ophou rook wat haar gestel skok en tot ‘n permanente pms rampsgebied verklaar word
· Grieta kry griep op maandelikse haarsny dag en Lianie moet by moffie Mark sny en loop uit met prostituut haarstyl.
· Klein grys voeltjie besluit om selfmoord te pleeg deur voor Lianie Malan se kar in te vlieg
· Mascara stokkie breuk af binne in mascara buisie en weier om uit te kom.Lianie Malan raak onverklaarbar allergies vir prawns by belangrike werk do en slaan uit in rooi kolle wat nie by haar out

verlore...


kon finally password onthou...
en is al amper 8 maande vandat ek iets gepost het.
voel so (baie) skuldig.


gaan opmaak vir verlore tyd en introspection..
(belowe)
sodra klaar vir lara gaan haal en 5de koppie koffie drink!
(belowe, belowe)
gaan ek volle verslag gee van 8 maande (amper) absence!

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...

dis hier waar ek my hart verloor het en my moed weer gevind het...
vrystaat

iets wat ek nooit sal erken nie:

party keer dink ek daar is 'n ander weergawe van myself wat wegkruip in die skadu's en sy gaan enige oomblik uitspring en vir my lag... 23/07/08

dinge wat my gellukig maak...

  • stap tot dit stil word om my
  • glasie wyn en goeie kos
  • organiseer en skedules maak
  • oplees en research doen oor random goed
  • om tafel sit en kuier met mari, yolande en mina
  • skryf
  • iets doen wat al my konsentrasie vat
  • in sonnietjie le en slaap
  • kos maak
  • ver ry
  • op bank le met goeie boek
  • by die huis wees